para over mgr.jpg


Home arrow Barberton Times arrow 30/06/10 Frommel besorg groot kommer
Jun 30 2010
30/06/10 Frommel besorg groot kommer E-mail
Wednesday, 30 June 2010

 

Lynette Louw

 

Die kameelperdjie, Frommel Duke du Preez, wat sowat vier weke gelede op die plaas Madikela gebore is, sterk goed aan by die Wild Care Rehabilitasie Sentrum op die plaas Jerusalemskop.

Hy het verlede week vir ‘n paar benoude oomblike gesorg toe ‘n knop op sy heup ontdek is. Petronel Nieuwoudt en haar span studente wat tans na hom omsien, het die veearts in kennis gestel en Bernard van Loggerenberg het met ‘n X-straalmasjien uitgekom om die nodige te doen.

Duke se eienaar, Kobie du Preez wat gereeld by hom ‘n draai maak, was ook byderhand om die nodige ondersteuning te gee.

Dit was ‘n groot sug van verligting toe Bernard hul die volgende dag in kennis gestel het dat die knop net ‘n bindweefselletsel was. Die kameelperdjie kon met geboorte ‘n skop van sy ma gekry het, met die gevolg dat die weefsel oor die letsel gevorm het. Volgens Petronel belemmer dit tans sy beweging, “maar ons ‘n baie verlig met die uitslag,” het sy gesê.

Intussen floreer Duke met al die liefde en aandag wat hy ontvang. Hy is steeds onder 24-uur waarneming en drink tans ongeveer 12,5 liter melk per dag. Hy kry ook die nodige aanvullings wat hy benodig om sterk te word.

Die sentrum het sowat ‘n maand gelede geopen en met die nodige veranderings en bomas wat gebou is, is Petronel nou gereed om wild in te neem. Indien enige iemand ‘n beseerde dier of voël teekom en nie weet waarheen om te gaan nie, skakel haar by 082-825-8735.

  

 

Image
Kobie du Preez saam met Duke

 

Image
Hendrik Smit gee ‘n gulsige Duke ‘n bottel

 

Image
Die kreukels in sy nek wat Frommel se naam regverdig

 
< Prev   Next >
Barberton Community Tourism South Africa - Genesis of Life!
Web site by oppiWeb.
© 2012 Barberton Community Tourism - Mpumalanga South Africa - All Rights Reserved.
oppiWeb is released under the GNU/GPL License.